Zani-Lee de Jager

Geregistreerde berader


"Niemand het 'n lewe sonder seer en trauma nie. As ons nie daaraan aandag gee nie begin ons vrug dra wat ons verhoudings en doelwitte saboteer."  


Hand Pressed Flora

Benadering

Gevoelens wat onderdruk word is gevoelens wat groei. My doel is om my kliënte die geleentheid te bied om in 'n gemaklike en veilige omgewing deur hulle herinneringe, gedagtes en emosies te werk.


'n Kliëntgesentreerde benadering word gebruik om vas te stel watter areas die kliënt op wil fokus en watter tipe beradings tegnieke die beste by die klient se individualiteit en area van groei of herstel gaan pas.



Zani-Lee

Is 'n Geregistreerde Berader by die Suid-Afrikaanse Raad van Gesondheidsberoepe (HPCSA) wat beteken ek is professioneel opgelei in sielkunde en spesialiseer in psigo-opvoeding.


'n Berader fokus op sielkundige en voorkomende intervensies om die sielkundige welstand van individue of groepe te bevorder deur van beproefde tegnieke gebruik te maak.


Hoe kan ek help

Aanlyn berading

4-8 Konfidensiële sessies op Whatsapp video call, Google Meet of Zoom. 'n Veilige plek vir kliënte om gevoelens en emosies te verken en deur te werk, in die teenwoordigheid van 'n opgeleide berader.

aAnlyn "Check-In"

'n Aanlyn vraelys om vas te stel hoe gesond jou gedagtes en emosies op die oomblik is, gevolg deur 'n aanlyn sessie om resultate te bespreek en tegnieke te deel wat jou kan help groei in die gedentifiseerde areas.

Werkswinkels

Werkswinkels word uniek ontwerp vir jou behoeftes. Bestaande onderwerpe is tydsbestuur, kommunikasie en tipes temperamente, grense binne verhoudings, rou en verlies. Navrae oor enige ander onderwerpe is welkom.

Hand Pressed Flora

Algemene onderwerpe

Trauma

Verlies en Rou

Verwerping en Aanvaarding

Verhoudings

Seksuele, Emosionele en Fisiese Mishandeling

Spanning en Angs

Identiteit

Selfvertroue

Emosionele Reguleering

Verhouding met liggaam

Wonde van jou kinderjare

Kom in Kontak

Stuur asb vir my 'n epos of whatsapp indien u enige navrae het of tyd wil bespreek.


Om vertroulikheid gedurende sessies te verseker, word geen oproepe beantwoord terwyl ek in 'n sessie is nie.



WhatsApp icon black
Instagram Logo Illustration
Message Glyph Icon

zanileecounselling@gmail.com

083 999 8091

zanilee_counselling

Hand Pressed Flora